Klopjag

Klopjag = amper 25 jaar van vriende in musiek

13 FEB 2002 — 13 FEB 2027

'n Afrikaanse band van Pretoria wat nog nooit in een genre stil gesit het nie. Eers vriende, toe vriende in musiek, toe musikant-vriende, toe vriende met day-jobs, en nou vriende op 'n WhatsApp groep oral oor die Aarde. Nog steeds vriende. Bevoorreg dat musiek hulle sambreel, skild, vangnet en swaard kon wees. Hierdie site is waar die liedjies, die stories agter hulle, en 25 jaar se pad bymekaarkom — en waar jy jou eie hoofstuk kan byvoeg.

 
Dae oor
25
Jaar sterk
6
Albums
1000+
Shows gespeel
6
Bandlede
3
Lewendige opnames
…
Stories gedeel
Die Speellys

Al ons liedjies. Op Spotify & Apple Music.

Elke liedjie het lirieke en akkoorde, en 'n paar het stories by — tik op Storie vir die agtergrond. Wil jy self 'n storie byvoeg? Vul die vorm in en laat ons hoor hoe hierdie liedjie deel was van jou en jou vriende se lewe.

klop + jag

Die naam is 'n samesmelting van twee bande: John-Henry en Marie-Louise het musiek gemaak as Klopdisselboom (die "Klop"), en Sallas en Dawie as die Makoujagters (die "Jag"). Toe die twee groepe in 2002 saamgesmelt het, was die naam vanself daar. Bron: bandgeskiedenis, Klopjag self

25 Jaar Show

Vir ons 25 jaar-show wil ons van die liedjies saam met ander sing wat passievol is oor ons musiek. Stuur jou weergawe van jou gunsteling liedjie, en jy kan dalk die verhoog deel as ons 25 jaar se hoogtepunte deurdraf.

13 Februarie 2027 · State Theatre, Pretoria · 15:00
Stuur jou weergawe →

Laat weet my as die kaartjies beskikbaar is

Maak 'n blokbespreking vol — deel die detail nou met jou vriende op WhatsApp
Diskografie

Die Albums

Die grootste kompliment is om vandag te hoor dat hierdie musiek deel was van jou soundtrack — dankie.

Die Band

Wie is hulle?

Ses mense, vyf-en-twintig jaar, en nog steeds dieselfde nommers op die selfoon. Dis nie eintlik meer 'n band nie — dis 'n klomp vriende wat toevallig ook saam musiek maak.

25 Jaar

Die pad na 13.02.2027

Van ons eerste show tot vandag toe — en nog 'n bietjie pad om te loop voor 13 Februarie 2027. Help ons gerus om die gapings te vul terwyl ons daarheen aftel.

Deel 'n Storie

Vertel ons waar jy was — of sĂȘ hoekom jy moet saamsing by die 25 jaar-show

'n Liedjie wat jou deurgehelp het, 'n show waaroor jy nog praat, 'n feit wat net jy sou weet, of 'n aansoek om die verhoog te deel by ons 25 jaar-show — voor die 25ste bou ons 'n argief hiervan vir die band om te lees en te gebruik.

K
Die Speellys
Laai...
Oop